Hoekom is ‘n beleggingseiendom in ‘n aftreelandgoed die perfekte keuse?

As dit kom by beleggingseiendom, is die gesegde ‘eerder te vroeg as te laat’ dikwels die geheim tot sukses, en soveel te meer nog wanneer jy oorweeg om in ‘n aftree-eindom te belê.

Daar is baie redes hiervoor, van kapitaalwins tot bekostigbaarheid, en dit is belangrik om hierdie redes te verstaan sodat jy nie net ’n ingeligte, maar ook ’n winsgewende besluit kan maak.

Vraag en aanbod lei to goeie groei

Deeltitel ontwikkelings met volle eienaarskap en ‘n verskeidenheid noodsaaklike dienste spesifiek vir inwoners wat vyftig jaar en ouer is, is bitter skaars. As gevolg van die uitstekende leefstyl- en mediesegeriewe in hierdie landgoedere, is daar ‘n baie groter vraag in die mark as wat daar beskikbaar is. Hierdie groot aanvraag en beperkte aanbod dra natuurlik by tot bogemiddelde beleggingsgroei.

Betroubare huurders

Nog ‘n groot voordeel van belegging in aftree-eiendom is die gehalte huurder wat jy kan verwag. Met ander eiendomme weet jy nooit watter soort huurder in jou eiendom sal woon nie, wat ‘n groot waagstuk vir die belegger is. Jonger huurders is geneig om vir ‘n korter tydperk te huur, betaal soms ook hul huur minder betroubaar en pas ook nie noodwendig ‘n eiendom goed op nie.

‘n Huurder wat ouer as vyftig is, ‘n goeie kredietrekord het en gewoond is om die eenheid waarin hulle woon goed te versorg, gee vir jou as belegger meer gemoedsrus as wat jy waarskynlik met ander beleggingseiendom sal kry.

Hoekom moet jy vroeg koop?

Die meeste groter aftreelandgoedere maak eenhede in fases beskikbaar. Die eerste fase word gewoonlik teen die beste pryse verkoop om die projek so vinnig as moontlik aan die gang te kry.

Soos die volgende fases vrygestel word, is daar gewoonlik prysaanpassings van tussen 5% en 10%, wat beteken dat iemand wat vroeg in die ontwikkeling ingekoop het teen die voltooiing daarvan reeds goeie kapitaalgroei en waardevermeerdering gaan hê.

Kopers wat vroeg inkoop kry ook die geleentheid om die eenhede met die beste ligging, grootste tuine, beste uitsig, ensomeer, te kies.

Geen ekstra kostes nie

Iets wat dikwels misgekyk word wanneer jy in ‘n aftreelandgoed belê, is dat jy direk van die ontwikkelaar kan koop. Daar is baie voordele hieraan verbonde, maar die belangrikste een is dat jy hereregte, oordragskostes en verbandregistrasiefooie vryspring, omdat daar geen vorige eienaar vir die eiendom was nie.

Die prys wat jy sien, is dus die prys wat jy betaal. Daar word geen ekstra koste bygevoeg nie.

Allesomvattende diens

Dit is maklik om enige eiendom as ‘n belegging te koop. Om egter ‘n goeie gehalte huurder vir daardie eiendom te kry, kan ongerieflik en tydrowend wees. By aftreelandgoedere soos Bergvallei, kan jy ‘n verhuringsbestuursdiens saam met jou belegging kry, wat beteken dat ons jou eerste huurder vir jou kry en plaas, en dan jou belegging namens jou kan bestuur teen ‘n fooi van slegs 6%.

Belegging in ‘n aftreelandgoed maak dus nie net finansiële sin nie, maar dit is ook baie minder moeite en ongerief op die lange duur.

Dit kan soms onmoontlik voel om ‘n goeie belegging te vind, omdat daar eenvoudig net te veel goed is om te oorweeg. Die ideale belegging gaan gepaard met lae risiko en goeie opbrengste, daarom maak dit sin om in iets soos aftree-eiendom met ‘n bewese rekord te belê.

Kontak Bergvallei Aftreelangoed se span vandag nog om jou plek op ons waglys te verseker!