Welkom tuis! Jy kan nou by Bergvallei Aftreelandgoed huur!
By Bergvallei Aftreelandgoed hoef jy nie jou droom-aftreehuis te koop nie – jy kan dit eenvoudig huur.
Of jy nou ’n knus woonstel of ’n ruim huis verkies, Bergvallei bied verskeie huuropsies wat by jou leefstyl sal pas. Kies tussen ’n standaard 12-maande huurkontrak of geniet gemoedsrus met ’n veilige 3-jaar kontrak.
Huurpryse begin vanaf R7 500 per maand, en huurders geniet dieselfde toegang tot al die fasiliteite en dienste as eienaars.
Waarom moet jy aftree-eiendom huur?
Hoewel dit steeds ’n goeie belegging is om jou aftreehuis te besit, bied huur talle praktiese voordele, veral vir mense in ’n oorgangsfase:
- Trek onmiddellik in, selfs al moet jy nog jou huidige huis verkoop.
- Geen eiendomstariewe, -belasting of heffings nie – jy betaal net vir jou verbruik (soos elektrisiteit en data).
- Geen onderhoudskostes nie – instandhouding van die eiendom is die eienaar se verantwoordelikheid.
- Meer buigsaamheid, sonder ’n langtermyn verbintenis..
Dit is ’n slim en sorgvrye manier om onmiddellik voordeel te trek uit alles wat Bergvallei bied.
Ontdek die Bergvallei-leefstyl
Bergvallei Aftreelandgoed grens aan ’n rustige Bosveld-natuurgebied met volop voëllewe en selfs ’n troppie rooibokke wat daar wei. Dit bied ’n unieke gevoel van rustigheid, natuurskoon en ’n hegte gemeenskap.
Hier beleef jy die bekoring van ’n oudtydse kleindorpsatmosfeer – ’n plek waar bure mekaar ken en vir mekaar omgee en vriendskappe natuurlik vorm.
Geniet toegang tot uitstekende geriewe op die perseel:
- 24-Uur verswaktesorgeenheid
- Restaurant
- Koffiewinkel met ‘n lieflike Bosveld-uitsig
- Biblioteek
- Haar- en skoonheidsalon
- Gemeenskapsaal en sentrale TV-kamer
- Aktiwiteitskamers vir stokperdjies en handwerk
- Pragtige wandel- en staproetes
Neem vandag die eerste stap na ’n rustige dog lewendige aftrede.
Voltooi die kontakvorm om jou besigtigingsafspraak te maak.
Jou nuwe leefstyl wag op jou by Bergvallei.