Birdhaven Aftreelandgoed - Afrikaans Own use

Eksklusiewe, Wêreldklas Aftreelandgoed

Central Developments, die ontwikkelaar van veertien suksesvolle aftreelandgoedere, insluitended die gesogte Waterkloof Marina Aftreelandgoed in Pretoria, bring nou hul kundigheid na die Midstream area.

Ons stel graag Birdhaven Aftreelandgoed bekend.

REGISTREER NOU OM 'N EERSTE GELEENTHEID VOOR DIE OPENBARE VRYSTELLING TE KRY!


Hoekom Birdhaven Landgoed?
24-Uur Sorgeenheid
Natuurpark en voëlreservaat
Restaurant en Koffiewinkel
Klein-hondjie Vriendelik
Effektiewe Beurtkrag Oplossings
Wêreldklas sekuriteit
Vesel Internet

Birdhaven is Central Developments se vyftiende aftreelandgoed en is die uitvloeisel van twee dekades se ondervinding in die ontwikkeling van topgehalte aftreebehuising.

Birdhaven, geleë in die Midstream-area wat een van Gauteng se mees gesogte woongebiede is, bied uitsonderlike toegang tot topgehalte infrastruktuur, verskeie winkelsentrums, uitstekende gesondheidsorg, en bowenal, ’n veilige, gemeenskapsgefokusde leefstyl.

Hierdie ekslusiewe ontwikkeling sluit ’n versameling van leefstyl- en versorginsfasiliteite in, sowel as ’n beperkte aantal luukse eenhede in ’n area waar die aanvraag na volle eienaarskap aftree-eiendomme die aanbod ver oorskry.

’n Verskeidenheid behuisingsopsies te koop :

  • Een- en tweeslaapkamerwoonstelle is te koop vanaf ongeveer R1.2 miljoen.
  • Een-, twee-, en drieslaapkamerhuise is te koop vanaf ongeveer R1.5 miljoen.

Registreer vandag vir ons prioriteitslys om die eerste keuse van beskikbare eenhede vóór die openbare bekendstelling te kry.


Birdhaven Retirement Estate, 220 Pudding Stone Road, Louwlardia, Centurion
Enquire Now!